23 Februarie 2024
Die egpaar en eienaars van die Enyobeni Taverne – waar 21 minderjariges in Junie 2022 dood is – is Vrydagoggend ‘n boete van R5 000 of 100 dae gevangenisstraf opgelê.
Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu is vroeër dié week skuldig bevind daaraan dat hulle alkohol aan persone onder die ouderdom van agtien verkoop het.
In sy uitspraak het landdros Kevin von Bratt gesê daar was geen bewyse dat dié twee regstreeks alkohol aan die minderjariges verkoop het nie.
Hy sê egter omdat dit op die perseel gebeur het waarvoor hulle verantwoordelik was – en dat hulle kennis gedra het van die bepalings van die betrokke drankwette en munisipale verordeninge – maak dit hulle skuldig aan die oortreding.