Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

EFF vier sy tienjarige bestaan

26 Julie 2023

Die EFF is vandag 10 jaar gelede op 26 Julie 2013 gestig.

Die leier van die EFF, Julius Malema meen die Marikana-slagting van 2012 is die geboorteplek van die party. “Marikana is die EFF se permanente tuiste, wat gekenmerk word deur simboliek en aspirasies.”

Hy het in ‘n artikel geskryf dat mag gedurende die slagting misbruik is, en dat kapitalisme en wins “swaarder weeg as mense se lewens, veral dié van swart mense.” Volgens Malema het die EFF bestaan uit hierdie idees dat mense se lewens belangriker as geld geag moet word.

“Ons doelwit as politieke party is duidelik in die party se naam. Ons doelwit is om te leef in ‘n wêreld wat ekonomies vry is.”

Malema skryf verder dat die party amptelik in Oktober 2013 in Marikana bekend gestel is, na sy eerste nasionale konferensie op 26 Julie 2013. “Meer as 25 000 mense het die bekendstelling in Oktober 2013 bygewoon.”

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1684093552471449601
KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

319513481_900220214320987_5607893274331118530_n

SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede

Julius-Malema6

Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Charlotte

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

LISENSIE-2

SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel

GqNVwjBWcAANx_z

“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV
pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”
NDLOVU
Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind
319513481_900220214320987_5607893274331118530_n
SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede
Julius-Malema6
Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende