“EFF-veldtog om koloniale gedenktekens te verwyder is opportunisties”


Luister nou

Volgende

“EFF-veldtog om koloniale gedenktekens te verwyder is opportunisties”

5 Desember 2023

Die VF Plus sê hy beskou die EFF se jongste veldtog om alle koloniale standbeelde en gedenktekens in die Nelson Mandelabaai-metro te verwyder, as blote politieke opportunisme.

Die party se raadslid in die metro, Bill Harrington sê die EFF gaan tydens ʼn raadsvergadering van die NMBM ʼn mosie indien om onder meer die Prestor John-gedenkteken, die standbeeld van koningin Victoria, die Anglo-boereoorlog gedenkteken en die portrette van voormalige wit burgemeesters, te verwyder.

Harrington meen hierdie mosie is blote politieke opportunisme van die EFF wat gewoonlik voor verkiesingstyd op die voorgrond wil tree.

Hy sê net omdat mense nie van ‘n gedeelte van die geskiedenis hou nie, beteken nie dit kan verwyder word nie. 

“Dit is nog altyd die VF Plus se standpunt dat die geskiedenis nie weggewens kan word met die verwydering van standbeelde of gedenktekens nie. Daar kan eerder nuwe standbeelde en gedenktekens bygevoeg word om almal se geskiedenis uit te beeld,” sê Harrington.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

“EFF-veldtog om koloniale gedenktekens te verwyder is opportunisties”


Luister nou

Volgende