EFF sekretaris-generaal kry opgeskorte vonnis na hy polisiebeampte in parlement aanrand


Luister nou

Volgende

EFF sekretaris-generaal kry opgeskorte vonnis na hy polisiebeampte in parlement aanrand

28 Junie 2024

Die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini is vanoggend in die Kaapstadse Streekshof tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is nadat hy ‘n polisiebeampte, Johan Carstens in 2019 in die parlement aangerand het.

Hy is ook ‘n boete van R6000 opgelê of drie maande gevangenisstraf vir kwaadwillige saakbeskadiging. 

Dlamini is vroeër aangekla op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer gedurende ‘n rusie in die Nasionale Vergadering op 7 Februarie 2019. Carstens se bril is onder meer gebreek. 

Dlamini het egter aangevoer dat hy ingespring het omdat die EFF-leier, Julius Malema – volgens hom aangerand sou word.

Die EFF het in reaksie op die uitspraak gesê dat Dlamini slegs die “verantwoordelike ding gedoen het deur die leierskap van die party te probeer besker.” Hulle het die landdroshof geloof vir hulle besluit om nié Dlamini tronk toe te stuur nie.

Volgens die party sal Dlamini nie weer ‘n soortgelyke ding doen nie omdat hy gedurende die voorval die EFF se hoof van sekuriteit was.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

EFF sekretaris-generaal kry opgeskorte vonnis na hy polisiebeampte in parlement aanrand


Luister nou

Volgende