EFF sê hy sal nie ag slaan op hofbevel oor grondgryp nie


Luister nou

Volgende

EFF sê hy sal nie ag slaan op hofbevel oor grondgryp nie

23 Junie 2023

Die EFF sê die Hoogste Hof van Appèl het deur middel van sy jongste grondbesettingsuitspraak ‘n sluimerende geweld ontketen wat onder die oppervlak gelê het.

Volgens ‘n woordvoerder van die party, Leigh-Ann Mathys, sal die EFF voortgaan om mense aan te moedig om grond te identifiseer en te beset waar hulle ook al nodig ag.

Sy sê dié beginsel is stewig gewortel in die party se beginsels.

LEES OOK: EFF MAG NIE OPSTOOK OOR GRONDGRYPERY NIE – APPÈLHOF

In reaksie op dié hof se weiering van sy aansoek om verlof tot appèl, het die rooi barette gesê die hof se jongste grondbesettingsuitspraak vergestalt die onderdrukkende aard van drakoniese apartheidswette.

Die uitspraak verbied die party om mense aan te moedig om op privaat eiendom te oortree.

Die EFF het die appèlhof genader nadat AfriForum in 2017 ‘n interdik deur die Pretoriase hooggeregshof toegestaan is.

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1671832534135586816
KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

EFF sê hy sal nie ag slaan op hofbevel oor grondgryp nie


Luister nou

Volgende