7 Maart 2023
Die EFF het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula gevra om onmiddelik te bedank.
Dit te midde van die politieke storm wat om haar losgebars het weens beweringe van grootskaalse korrupsie.
Die Sunday Times koerant het Sondag berig dat sy destyds as minister van verdediging en militêre veterane glo omkoopgeld van R2,3 miljoen in die vorm van “geskenkpakkies” van ’n diensverskaffer van die weermag ontvang het.
Die EFF sê indien sy nie bedank nie, moet die ANC haar dwing om te bedank.
Die parlement se etiekkomitee is tans besig om die bewerings teen Mapisa-Nqakula te ondersoek.