“EFF sal nie ‘n nasie kan bou nie,” sê Mbalula ná eendagstaking


Luister nou

Volgende

“EFF sal nie ‘n nasie kan bou nie,” sê Mbalula ná eendagstaking

22 Maart 2023

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sê die EFF se poging om die land tot ‘n stilstand te dwing het misluk omdat Suid-Afrikaners geweier het om deel te neem aan ‘n teen-regeringsveldtog. 

Mbalula het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die politieke situasie in die land. Hy sê die EFF wou hê dat hulle nasionale eendagstaking van Maandag die ekonomie moes lamlê, maar meen hulle kon nie daarin slaag nie. 

Volgens Mbalula het die staking misluk weens patriotiese Suid-Afrikaners. Hy het namens die ANC Suid-Afrikaners en besighede bedank vir die standpunt wat hulle teen die EFF ingeneem het.

Hy meen gemeenskappe se samewerking met die polisie, asook ‘n verbetering in openbare polisiëring het daartoe bygedra dat geen ernstige gevalle van geweld aangemeld is nie.

Mbalula het verder gesê ná die ANC se 55ste Nasionale Konferensie het hulle besluit dat daar verskeie kwessies is waaraan die ANC dringend aandag sal moet gee. Dit sluit ‘n einde aan beurtkrag en die kragkrisis in, asook beter dienslewering. Volgens hom moet die kwessie van werkloosheid ook onder die loep geneem word.

Hy sê dit het duidelik geword dat meer gedoen moet word en vinniger om dringende kwessies in die land op te los.

“Ons sal in die komende weke ‘n program bekendstel wat sal behels dat die landswye ANC-takke in gemeenskappe diens doen om toe te sien dat dienslewering plaasvind.”

https://twitter.com/MbalulaFikile/status/1638479525649473536
https://twitter.com/MbalulaFikile/status/1638487949443489792

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

“EFF sal nie ‘n nasie kan bou nie,” sê Mbalula ná eendagstaking


Luister nou

Volgende