5 Augustus 2021
Die EFF sal vandag ‘n optog hou na Phoenix in Durban, teen wat hulle noem “rassistiese Indiërs.”
Dit volg na die onluste in die gebied, waar gemeenskapslede van die woonbuurt die paaie versper het in ‘n poging om hul buurt te beveilig.
LEES OOK: HUIS HERFSBLAAR: 200 EFF-LEDE NOU BYMEKAAR
Volgens die polisie is 36 mense in Phoenix dood na afloop van die onluste.
22 Mense is reeds in hegtenis geneem in verband met die moorde.
Die polisie het ook beslag gelê op 152 vuurwapens van privaat veiligheidsmaatskappye, in ‘n poging om vas te stel of dit gebruik is om die moorde te pleeg.
Intussen het die leier van die DA, John Steenhuisen aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) optog te keer. Hy meen die optog van die EFF is ‘n poging om verdere rassespanning in die gebied aan te moedig.
LEES OOK: EFF AMPTELIK AANGEKLA VIR DIE OORTREDING VAN DIE RAMPBESTUURSWET
In sy versoek sê Steehuisen dat die EFF op rasseverdeeldheid floreer, en daarom is dit in die party se belang om die vlamme van plaaslike voorvalle van rassespanning aan te blaas.
Volgens Steenhuisen is dit die laaste ding wat die getraumatiseerde gemeenskappe van Phoenix nou nodig het.
Hou Afrikaans op die lug