25 Junie 2021
Die polisie gaan na bewering ‘n kriminele klag teen die sameroeper van die EFF-optog in Pretoria aanhangig maak weens die beweerde oortreding van die huidige inperkingsregulasies.
Duisende EFF-lede ruk vanoggend op na die kantoor van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid (SAHPRA) in Arcadia in Pretoria.
MALEMA: The mines are operating underground WHERE THERE IS NO VENTILATION. Thousands and thousands of our fathers are sent underground without compliance of COVID-19 regulations. #MarchToSaveLives
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) June 25, 2021
Die party beskuldig SAHPRA daarvan dat hy net sekere entstowwe goedkeur, en dat hy onder politieke druk van Westerse lande swik om te sloer met die goedkeuring van entstowwe van China en Rusland.
Volgens inskrywings op Twitter is daar na beraming meer as 2 000 mense, wat aan die optog deelneem. Luidens die huidige aangepaste vlak 3-regulasies mag slegs sowat 100 mense buitelig byeenkomste bywoon.
Die regulasies bepaal ook dat die polisie groot groepe moet opbreek omdat die regulasies oortree word.
Die polisiewoordvoerder, kolonel Brenda Muridili het aan News24 gesê dat hulle versigtig is om die mense uitmekaar te jaag omdat dit tot “wanorde kan lei.”
Volgens Muridili het die polisie dus besluit om eerder klagtes teen die sameroeper aanhangig te maak.
Die EFF-leier, Julius Malema het in reaksie gesê dat daar meer kinders in skole is as betogers, maar dat hulle optog ‘n super-verspreider byeenkoms genoem word.
Ramaphosa is vaccinated and does not care about getting the rest of us vaccinated.
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) June 25, 2021
We are tired of this government eating money that is meant to save the lives of our people. #MarchToSaveLives pic.twitter.com/BAfilKULHE
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) June 25, 2021