Die EFF in Gauteng sê hy is nie gelukkig met die hoë voorkoms van polisiebeamptes en privaat veilighedismaatskappye in Kleinfontein nie.

Dié party het sedert vroeg vanoggend buite die gemeenskap byeengekom om ‘n optog na Kleinfontein te hou. Die EFF het in ‘n plasing op X gesê dat die party nié sal toelaat dat enige sogenaamde onwettige rasse-segregasiegebied in Suid-Afrika bestaan nie.
Volgens die Kleinfontein-direksie het hulle inligting ontvang dat sowat nege busse met EFF-ondersteuners na Kleinfontein op pad is.
Die EFF in Gauteng se woordvoerder, Dumisani Baleni, sê die optog is wettig en vreedsaam en het die hoë polisie-teenwoordigheid as oordrewe beskryf.
Volgens Baleni is 50 polisievoertuie, insluitend watertenkwaens en Nyalas ontbied, en word lemmetjiesdraad ook gespan.
LEES OOK: Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
“Die hoë polisie-voorkoms is nie om die publiek se veiligheid te verseker nie, maar eerder om wit mense, wat steeds onverdraagsaam en haat-draend teenoor swart mense is, te kalmeer, en rustig te hou.”
Baleni sê dit is ironies dat sóveel polisie-hulpbronne vandag by Kleinfontein ontplooi is, terwyl die Tshwane-metro deurloop onder geweldsmisdade.
Die hoof uitvoerende beampte van Kleinfontein, Stefan Wiese het vroeër die week in ‘n brief aan die adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro, Eugene Modige, gesê dat hy bekommerd is oor die teenstrydige optrede van die metro.

Volgens Wiese is daar aan die een kant deurlopende en konstruktiewe gesprekke tussen die metro en Kleinfontein oor regularisering, en aan die ander kant word ‘n koalisievennoot toegelaat om ‘n betoging te beplan wat hierdie proses ondermyn.
Die EFF-parlementslid, Carl Niehaus, het aan media by die party se byeenkomsplek gesê dat daar by die ingang na Kleinfontein ‘n “standbeeld van die argitek van apartheid, Hendrik Verwoerd is, en dat dit ‘n duidelike teken is dat Kleinfontein slegs die instandhouding en voortsetting van apartheid is.”
Hy sê die EFF sal nooir enige rassisme en apartheid in Suid-Afrika aanvaar nie
The EFF in Gauteng condemns the overpresence of state police and armed private security during our legally compliant and peaceful march to Kleinfontein.
– This unnecessary show of force by the government is unwarranted, especially considering our proven track record of… pic.twitter.com/4Mi9iyk1Bh
— EFF Gauteng (@EFFGautengProv) May 2, 2025
2 Responses
Lekker banggatte.
Die EFF moet hulle eie EFF nedersettings bou en jy sal sien watse goggas gaan oor n paar maande daar uitbroei en onder mekaar begin gool.