28 September 2023
Die Grondwethof het Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof om te appelleer – teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 verkry het – van die hand gewys.
Hierdie interdik het hulle verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset.
LEES OOK: HOF WYS EFF SE AANSOEK OM VERLOF TOT APPÈL IN GRONDBESETTINGSAAK VAN DIE HAND
Volgens die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl is dit die sesde nederlaag vir Malema en die EFF in dieselfde aangeleentheid en daar is nou geen verdere wetlike weë vir ’n sewende poging nie.
Die EFF moet nou al die oorblywende koste wat hy AfriForum verskuldig is vir die afgelope ses jaar se hofgevegte in dieselfde saak – met rente betaal.
Van Zyl sê die EFF se hubris, begeerte om wetteloosheid aan te blaas en hul liefde vir ligsinnige hofgevegte het hulle uiteindelik duur te staan gekom en dat die tyd vir speletjies nou verby is.
LEES OOK: EFF SÊ HY SAL NIE AG SLAAN OP HOFBEVEL OOR GRONDGRYP NIE
Intussen het die EFF in reaksie gesê dat AfriForum weier om gehoor te gee aan mense se versoek om die grond terug te kry “wat van hulle gesteel is.” Die EFF se nasionale woordvoerder, Sinawo Thambo sê in ‘n verklaring dat die hof deur die beslissing “kolianalisme goed praat.”
AfriForum again defeats @Julius_S_Malema and the @EFFSouthAfrica in court with costs. The Contitutional Court dismissed the EFF's application for leave to appeal an interdict ordering it not to incite land occupations. This is the 6th court victory with costs for @afriforum in… pic.twitter.com/LwmXg9qHXa
— Kallie Kriel (@kalliekriel) September 28, 2023
EFF Statement On The Constitutional Court Decision To Dismiss Leave To Appeal Interdict In Matter Relating To “Incitement” Of Land Invasions pic.twitter.com/RXobBztcaz
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) September 28, 2023