Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

EFF mag nie opstook oor grondgrypery nie – appèlhof

21 Junie 2023

Die Hoogste Hof van Appèl het vandag ’n derde aansoek om verlof tot appèl deur Julius Malema en die EFF – teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 verkry het – van die hand gewys.

Dié interdik het Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om privaat eiendom te betree en dit onwettig te okkupeer.

In Januarie 2023 het Malema en die EFF ’n aansoek om verlof tot appèl in hierdie saak by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarna die aansoek is van die hand gewys is.

Hulle het die saak toe na die Grondwethof geneem, wat hul aansoek in Maart van die hand gewys het.

Selfs nadat die hoogste hof in Suid-Afrika hul aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het, het hulle besluit om die Hoogste Hof van Appèl te nader.

Volgens die veldtogbeampte belas met strategie en inhoud by AfriForum, Ernst van Zyl, laat vandag se uitspraak Malema en die EFF met geen verdere opsies vir appèl nie.

Van Zyl sê dié uitspraak is ’n groot oorwinning vir die reg op private eiendom en ’n verwoestende verlies vir diegene wat misdadigheid en wetteloosheid wil aanhits.

https://twitter.com/afriforum/status/1671499284670234625
KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende