EFF eis dat boek van winkelrakke verwyder word


Luister nou

Volgende

EFF eis dat boek van winkelrakke verwyder word

15 November 2022

Die EFF leier Julius Malema eis dat die ondersoekende joernalis Jacques Pauw se nuwe boek van die winkelrakke verwyder word.

Malema eis ook dat News24 sy storie oor ‘n uittreksel van die boek van hul webwerf verwyder.

Pauw beweer in die boek dat Malema gereeld met die sigarethandelaar Adriano Mazzotti vergader het, en dat hy partytjies bygewoon het by Mazzotti se huis in Sandton, waar hulle glo drank en dwelms misbruik het.

Malema het in ‘n prokureursbrief gesê die boek is besaai met valshede, en die boek is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie.

Hy ontken ook dat hy ooit bruin koeverte vol kontant by Mazzotti ontvang het, soos in die boek beweer word.

Die uitgewers van die boek, NB Publishers het in ‘n verklaring gesê dat hulle by die boek en Pauw staan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

EFF eis dat boek van winkelrakke verwyder word


Luister nou

Volgende