EFF dreig met optog as Ramaphosa nie opsy staan nie


Luister nou

Volgende

EFF dreig met optog as Ramaphosa nie opsy staan nie

7 Junie 2022

Die EFF dreig met ‘n reuse optog indien president Cyril Ramaphosa nié opsy staan nie.

Die leier van die party, Julius Malema het vanmiddag ‘n mediakonferensie gehou en het gefokus op die Februarie-rooftog by Ramaphosa se Phala-Phala wildsplaas en waarom dié rooftog nie aangemeld is nie.

Malema meen misdadigers meld nie misdade aan wanneer die opbrengs daarvan van misdaad afkomstig is nie. Hy sê sy party is nie geskok deur die rooftog op Ramaphosa se plaas waartydens R60-miljoen gesteel is nie.

Malema meen die president is deur middel van sy plaas betrokke by onwettige gebeure, spesifiek geld-wassery.

Volgens Malema het die president probeer om sy misdrywe weg te steek, daarom het hy nie die rooftog by die owerhede aangemeld nie.  

Hy meen Ramaphosa moet opsy staan sodat die voorval ondersoek kan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

EFF dreig met optog as Ramaphosa nie opsy staan nie


Luister nou

Volgende