Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

EFF dien klag in teen Steenhuisen oor die aanstelling van sy “wit vriende”

9 Oktober 2024

Die EFF sê hy het ‘n klag by die Parlement se Etiekkomitee ingedien teen die minister van landbou, John Steenhuisen, omdat hy na bewering valse antwoorde verskaf het.

Die EFF-LP en partywoordvoerder, Leigh-Ann Mathys sê hulle het Steenhuisen in ‘n skriftelike parlementêre vraag gevra of hy van die normale werwingsprosesse afgewyk het toe hy vier individue in sy departement aangestel het.

Dié vier het nie die vereiste kwalifikasie of ondervinding om vir dié poste te kwalifiseer nie. Een van die aanstellings is glo Annette Steyn.

Die EFF voer aan dat Steenhuisen doelbewus bedrieglik met sy antwoorde was en dat hy probeer het om die aanstellings wettig te maak nadat die vier reeds aangestel is. Die EFF-LP, Sinawo Thambo het die klag ingedien.

Hy sê Steenhuisen het nou sewe dae kans om te reageer op bewerings dat hy sy “wit ongekwalifiseerde” vriende in die poste aangestel het.

https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1843684466423640118

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende