Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

EFF amptelik aangekla vir die oortreding van die Rampbestuurswet

28 Junie 2021

Die polisie het bevestig dat klagtes wat verband hou met die oortreding van die Rampbestuurswetgewing amptelik teen die EFF aanhanging gemaak is na aanleiding van Vrydag se betoging wat voor die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se kantoor plaasgevind het.

Duisende lede van dié party het na SAHPRA opgeruk onder die vaandel van ‘n “Optog om lewens te red”.

LEES OOK: EFF-OPTOG: POLISIE WIL GLO KRIMINELE KLAGTES AANHANGIG MAAK

Weinig tot geen Covid-19 veiligheidsmaatreëls is getref nie en daar was ook geen sprake van sosiale afstand nie.

Die EFF het onder die leiding van die leier, Julius Malema, betoog om die russiese entstof, Sputnik V en die Sjinese entstowwe, Sinupharm en Sinuvac, vir gebruik in Suid-Afrika goedgekeur te kry.

Die polisie het tydens die optog gesê dat luidens die rampbestuurswet moet betogers uiteengejaag word, maar hulle was bang vir moontlike “chaos” wat dit sou veroorsaak.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Branda Muridili het toe gesê dat hulle sal oorweeg watter klagtes om teen die sameroeper van die optog aanhangig te maak.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende