7 Februarie 2024
Die eerste lang verwagte hofsaak oor die Nasionale Gesondheidsversekering begin môre in die hooggeregshof in Pretoria.
Die doel daarvan is om besluite ter syde te laat stel wat reeds geneem is, nog voordat wetgewing die stelsel moontlik kon maak.
Dié aansoek deur Solidariteit is gebring om vyf besluite deur die minister van gesondheid en vier ander respondente te hersien en ter syde te laat stel en dit ongrondwetlik en ongeldig te laat verklaar.
Die vakbond sê hy is van voorneme om die NGV in geheel te keer.
President Cyril Ramaphosa is intussen reeds gewaarsku dat hy persoonlik aanspreeklik gehou sal word, indien hy die NGV deurvoer.