1 Junie 2023
Die departement van gesondheid in Mpumalanga het bevestig dat die eerste cholera-verwante sterfte in hierdié provinsie aangemeld is.
Die departement se woordvoerder, Mandla Zwane sê die 73-jarige vrou van Phake is op 26 Mei in die Mmametlhake-hospitaal opgeneem nadat sy cholera-simptome begin toon het. Volgens hom het laboratorium-toetse bevestig dat die vrou weens cholera gesterf het.
LEES OOK: “CHOLERAGEVALLE BESIG OM AF TE NEEM,” SÊ PHAAHLA
Die aankondiging kom ‘n dag nadat die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla die media toegespreek het oor die jongste rakende die cholera-uitbreking.
Hammanskraal in die noorde van Pretoria word as die episentrum van die uitbreking beskou. 23 mense is in dié woongebied weens cholera dood, terwyl een persoon in die Vrystaat dood is.
