25 April 2023
Die EFF wil hê dat alle staatsimbole wat voor 1994 gebruik is as haatspraak verklaar word.
Dit volg in reaksie op die uitspraak deur die hoogste hof van appèl dat die ten toonstelling van die ou landsvlag as haatspraak geklassifiseer word.
Volgens dié party se LP, Mbuyiseni Ndlozi, sal die gevolglike afleiding uit dié uitspraak wees dat standbeelde, wat leiers soos Paul Kruger eer, ook verwyder moet word.
Sy party het sy standpunt gehuldig en verder aangevoer dat dit ook geld vir die Stem en ander nasionale simbole.
Die EFF-woordvoerder, Sinawo Thambo sê in ‘n verklaring dat die ten toonstelling van die vlag daarop dui dat “die betrokke persoon na die apartheidsjare verlang.”
https://twitter.com/EFFSouthAfrica/status/1650449605916520454