Eenheid 4 by Kusile-kragstasie uiteindelik verbind


Luister nou

Volgende

Eenheid 4 by Kusile-kragstasie uiteindelik verbind

30 Desember 2021

Eenheid vier van die Kusile-kragstasie naby Witbank in Mpumalamga is uiteindelik aan die nasionale kragnetwerk verbind.      

Vier van die eenhede van die kragstasie is nou aan die netwerk verbind en ‘n bykomende 800 MegaWatt krag sal nou opgewek kan word sodra die eenheid op sy volle kapasiteit werk.  

Eskom sê ‘n reeks toetse moet nog gedoen word en die eenheid sal tydens die toetsperiode met onderbrekings oor die volgende ses maande werk.  

Kusile is die land se grootste konstruksieprojek en sal die wêreld se vierde grootste steenkool-aangedrewe kragstasie wees as dit voltooi is.    

Daar is reeds in 2008 met die bou van die omstrede kragstasie begin en dit was veronderstel om in 2014 voltooi te gewees het. Daar is egter probleme met die reuse drukketels ondervind nadat van die oorspronklike plan afgewyk is en korrupsie het ook ‘n rol gespeel.  Die kragstasie sal glo nou eers in 2025 voltooi wees.   

Die oorspronklike begroting vir die bou van die kragstasie het intussen verdubbel van R81-miljard na R161-miljard.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Eenheid 4 by Kusile-kragstasie uiteindelik verbind


Luister nou

Volgende