1 Augustus 2022
Een persoon is dood nadat geweld vanoggend in Tembisa uitgebreek het.
Betogers het vroeg vanoggend paaie met klippe en brandende bande versper en eis dat die burgemeester in die Ekurhuleni-metro, Tania Campbell hulle moet toespreek. Hulle is glo ontevrede met hoë munisipale tariewe en herhaaldelike kragonderbrekings.
Betogers in Tembisa het ook na bewering die polisiestasie aan die brand gesteek. ‘n Substasie is ook glo aan die brand gesteek.
Die Ekurhuleni-metropolisie het vroeër ‘n beroep op motoriste gedoen om die gebied te vermy weens verskeie motors wat in die omgewing met klippe bestook is. Die metropolisie se woordvoerder, Kelebogile Thepa sê die situasie is steeds gespanne.
Volgens die teen-misdaad aktivis, Yusuf Abramjee het hy inligting ontvang dat een van die metropolisiebeamptes glo die oorledene doodgeskiet het.
Thepa sê die polisie moes rubberkoeëls gebruik om die betogers onder beheer te probeer bring.
Rabasotho municipality on fire🔥🔥
— mokone wa bakone🐐 (@KatlegoCollins6) August 1, 2022
Tembisa shutdown pic.twitter.com/1StPHbxp7R