28 Junie 2024
Swaar reënval en stormsterk winde het daartoe gelei dat die dak van ‘n terminaalgebou by ‘n lughawe in Nieu-Delhi in Indië ineengestort het. Een persoon is dood en agt mense is beseer.
Werkers is tans in die proses om gedeeltes van die lughawe op te knap. Reuters berig dat sowat 200 milimeter se reën in die afgelope 24 uur geval het. Dit is sowat 266% meer as gewoonlik.
Alle vlugte is opgeskort. Plaaslike media berig opnuut dat Veiligheids- en konstruksiestandaarde in Indië ’n groot bron van kommer is.
Verlede jaar was meer as 40 werkers byna twee weke lank vasgekeer toe ’n tonnel in die deelstaat Uttarakhand ineengestort het.
Minstens 18 werkers wat aan ’n spoorwegbrug oor ’n kloof in die noordoostelike deelstaat Mizoram gewerk het, is ook dood toe dit ineengestort het.
Capital city of India in a single rain.
— Anshul Saxena (@AskAnshul) June 28, 2024
Roads flooded, vehicles submerged, waterlogging in several parts of Delhi. The shed outside Terminal 1 of the Delhi airport collapsed, in which one died and several were injured.
No accountability, no responsibility, only politics. pic.twitter.com/IIZ1BVkxt5