13 Mei 2024
27 liggame is tot dusver gevind nadat ‘n onvoltooide gebou in Victoriastraat in George ineen gestort het.
‘n Minuut van stilte is vanmiddag 14:09 gehandhaaf, presies ‘n week na die voorval. 81 konstruksiewerkers was op die toneel, 13 is steeds in die hospitaal en 25 mense is nog vermis.
Die George plaaslike-munisipaliteit het in ‘n verklaring inwoners van George, en alle Suid-Afrikaners bedank wat stilgeword het ter ere van die slagoffers.
Die munisipaliteit het ook verder alle rolspelers bedank vir hulle volgehoue ondersteuning, asook die reddingswerkers wat reeds byna 170 uur op die toneel besig is.