Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê dit is onwaarskynlik dat ‘n elektroniese verkiesing reeds volgende jaar ‘n moontlikheid sal wees.
Die OVK het vroeër vandag ‘n mediakonferensie gehou waartydens die hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo aangekondig het dat hy begin met die beplanning vir die 2026 munisipale verkiesing.
Mamabolo sê omdat die vorige munisipale verkiesing op 1 November 2021 plaasgevind het, moet die volgende verkiesing, volgens die wet binne die volgende vyf jaar plaasvind, tussen 2 November 2026 en 30 Januarie 2027 plaasvind.
Hy sê ‘n e-verkiesing sal waarskynlik nog nie kan gebeur nie. Dit nadat die OVK in Maart vanjaar ‘n internasionale konferensie, oor die haalbaarheid van ‘n aanlyn stemproses, aangebied het.
Tydens die konferensie het die kommissie ‘n dokument beskikbaar gemaak vir ‘n openbare bespreking oor die moontlikheid van ‘n e-verkiesing.
Die publiek sal nou ses maande kans hê om hulle insette oor e-verkiesings te lewer.