27 Oktober 2022
Die VF Plus meen die omstrede e-tol-stelsel is nog lank nie verby nie.
Die VF Plus se nasionale voorsitter, advokaat Anton Alberts sê al wat eintlik tydens gister se mediumtermynbegrotingsrede duidelik geword het is dat Sanral se e-tol-skuldlas na die nasionale- en Gautengse provinsiale regering verskuif is.
Alberts sê ie minister van vervoer, Fikile Mbalula, moet egter steeds die stelsel formeel tersyde stel.
Volgens hom is dit steeds ‘n ope vraag oor hoe die skuld gefinansier gaan word en die VF Plus monitor die situasie.
Hy meen die omstrede e-tolstelsel is dus nog nie amptelik dood nie en daarom moet die druk teen die ANC volgehou word om dit finaal tot ʼn einde te bring. Die VF Plus loods daarom opnuut ‘n veldtog teen e-tol en die ANC wat dit geskep het.