28 Februarie 2022
Die burgemeester in die eThekwini-metro, Mxolisi Kaunda sê hy het beperkte kennis oor wat tydens die 2021 Julie-onluste gebeur het omdat hy in daardie tyd weens Covid-19 in self-afsondering was.
Hy sê teen die tyd wat hy sy afsonderingstydperk voltooi het, was die meeste skade reeds aangerig. Kaunda het vanoggend getuig by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verhoor oor die onluste, wat KwaZulu-Natal en Gauteng lamgelê het. Meer as 300 mense dood.
Volgens Kaunda het hy probeer om die vrede te herstel deur verskeie plasings wat hy op sy sosiale media platforms gemaak het.
Kaunda sê dit wat hy weet oor die onluste kom van mediaberigte, sosiale media-plasings en wat sy span vir hom daaroor vertel het.