4 Oktober 2021
Die familie van ’n boer wat ’n 17-jarige seun verlede Dinsdag op die plaas Uithoek in die Dundee-distrik in KwaZulu-Natal noodlottig gewond het, vrees vir hul lewe, en word sedert die voorval deur veiligheidswagte opgepas.
Die 68-jarige Garth Millen Simpson het Woensdag en Donderdag in die landdroshof verskyn waar ’n skare betogers hom met geweld gedreig het.
Simpson se broer, Charl, sê buitegeboue op Garth se plaas is na afloop van sy hofverskyning aan die brand gesteek. Simpson se regsverteenwoordiger moes luidens berigte ook koelvaste baadjies aantrek weens vrese vir hul veiligheid.
Die staat voer aan dat Garth vir Qiniso Dlamini koelbloedig vermoor het.
‘n Video van die voorval wys egter dat Dlamini tydens ‘n struweling met Garth geskiet is, en dat Garth ‘n waarskuwingskoot afgevuur het.
Stem vir die Aitsa’s