9 April 2021
Die vonnisoplegging van die Duitse paartjie, wat verlede maand skuldig bevind is aan die moord op Claus Schroeder meer as tien jaar gelede, is tot Julie uitgestel.
Die 42-jarige Jens Leunberg is in Maart in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan die moord op Schroeder. Die 44-jarige Kristina Adler is skuldig bevind as ‘n medepligtigde.

Volgens vroeër berigte het die paartjie in 2007 vir die eerste keer na Suid-Afrika gekom vir ‘n vakansie. ‘n Jaar later het hulle Schroeder en sy vrou, Tanja ontmoet en ‘n ooreenkoms begin om die egpaar se plaas te koop.
‘n Jaar na die plaas verkoop is het Schroeder die paartjie in 2009 op die plaas naby Hankey besoek omdat hy nog nie die betaling van R8.5-miljoen ontvang het nie.
Schroeder is vermoor toe Leunberg ‘n lokval vir hom gestel het. Sy liggaam is nooit gevind nie.
Volgens ‘n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Anelisa Ngcakani sal die vonnisverrigtinge op 20 Julie begin.