1 September 2022
Die situasie is gespanne buite die Kalafong-hospitaal in Atteridgeville waar lede van Operasie Dudula, die EFF en gemeenskapslede vir die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla se besoek aan die hospitaal.

Mense betoog reeds die afgelope drie weke en meen mediese sorg word aan onwettige buitelanders verskaf eerder as aan plaaslike inwoners. Operasie Dudula, die organisasie, wat hom beywer teen onwettige buitelanders sê mediese sorg behoort nie aan mense aangebied te word, wat nie die nodige dokumente het nie.
Die EFF sê egter dat die gesondheidsdepartement gesondheidsorg aan alle mense moet voorsien. Die polisie is ook op die toneel om die situasie onder bedwang te probeer bring.
Phaahla het die media buite die hospitaal toegespreek. Hy meen selfs as ‘n Suid-Afrikaners is jy nie gewaarborg van onmiddelike sorg, as dit nie dringend is nie omdat daar ‘n agterstand in mediese sorg is binne die openbare gesondheidsektor.
Hy sê ook dat die ANC nie misluk het nie omdat mense van sòver as, Algerië en Indië kom om in Suid-Afrika mediese sorg te kry.
STREAM LIVE: The Minister of Health, Dr Joe Phaahla briefs members of the media on the impact of the current sporadic protests on access to health services at Kalafong Provincial Tertiary Hospital in Atteridgeville (https://t.co/pQVl1NRzxH)
— Gauteng Health (@GautengHealth) September 1, 2022