DStv verander sy reëls om die deel van wagwoorde en “roofkykery” stop te sit


Luister nou

Volgende

DStv verander sy reëls om die deel van wagwoorde en “roofkykery” stop te sit

23 Februarie 2022

MultiChoice het aangekondig dat DStv-kliënte van volgende maand af op net een toestel op ‘n slag sy kanale sal kan stroom. 

Die maatskappy sê in ‘n verklaring dat dit een van sy planne is om die deel van wagwoorde en sogenaamde “roofkykery” stop te sit. Dié verandering tree op 22 Maart vanjaar in werking.

Volgens MultiChoice sal reeds afgelaaide programme steeds op meer as een toestel gekyk kan word, maar regstreekse uitsendings word nou beperk tot een toestel. Alle intekenare sal geraak word.

DStv sê of sy webblad dat die deel van wagwoorde nie net vir DStv ‘n probleem is nie, maar raak maatskappye wêreldwyd.

Vier toestelle, met ander woorde selfone, rekenaars en TV’s, kan steeds per rekening geregistreer word, maar regstreekse uitsendings sal nie op meer as een gekyk kan word nie. “Afgelaaide programme of programme op die Catch Up funksie kan op meer as een toestel gekyk word.”

Dié verandering raak nie mense wat DStv op dekodeerders kyk nie. Dus meer as een kanaal kan steeds gekyk word, indien dit deur middel van ‘n dekodeerder gedoen word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

DStv verander sy reëls om die deel van wagwoorde en “roofkykery” stop te sit


Luister nou

Volgende