Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Ds Mossie van den Berg die regte man op die regte tyd

Hoofstuk 3 – 3 Augustus 2023

Dit is, met die wysheid van terugskoue, tog  belangrik dat die Afrikaner Kultuurbond  positief gereageer het op die versoek om te help om ’n radiostasie op te rig. Vir ds. Mossie Van den Berg, die voorsitter van die AKB, was dit byna ’n vanselfsprekende saak want hy was ’n intelligente mens wat die omstandighede van sy tyd goed geken het.

Hy was van die geslag Afrikaners wat gebore is in die derde dekade na die Engelse Oorlog van 1899 – 1902. Hy het groot geword het in die jare toe die Afrikaner van die Noorde uit eie krag, ekonomies en andersins weer moes opstaan en in die jare 1939 tot 1945, toe die Tweede Wêreldoorlog  gewoed het, hulself moes handhaaf teen sterk anti-Afrikaner propaganda.

Daarom was ds. Van den Berg goed toegerus om met talle leiersfigure in die Afrikanergemeenskap te praat, raad in te win en steun te vra. So het hy, onder andere, gepraat met die Kruger-genootskap se leiersfigure, die Afrikaanse Taalraad, skoolhoofde, akademici, kerklike ampsdraers, politici en verskillende Afrikaanse finansiële instansies. Daarby het hy  kennis ingewin by mense uit die radio-wêreld soos  Johannes van der Walt wat ’n ervare omroeper by die SAUK was, Jaap Diedericks wat die Afrika-taal dienste van die destydse SAUK help oprig het, Chris Conradie verskeie ander.

Na sy verkenningswerk,  het ds. Van den Berg, as voorsitter van AKB, ’n openbare vergadering vir belangstellendes op Donkerhoek, oos van Pretoria belê om daar die saak van die oprigting van ’n radio breër te bespreek.

Daar was wye belangstelling uit die destydse Transvaal, die Vrystaat en Noord-Natal. Nadat die noodsaaklikheid om hierdie geleentheid om ’n gemeenskapsradio vir die Afrikaner op te rig, breed bespreek is, is ’n loodskomitee gekies om die saak positief verder te voer.

Hierdie Loodskomitee het met die volgende lede begin : ds. Mossie van den Berg, voorsitter van  AKB, prof. PG Nel, ondervoorsitter van AKB, Chris Conradie, Wim Eek ’n radio-ingenieur en die nyweraar mnr. Peet Pieters. 

Ter afsluiting het ds. Van den Berg gestel: ”Die tyd het gekom dat ons moet saamstaan en ons stem laat hoor.”

Na verdere verkennende gesprekke deur die Loodskomitee is, het die komitee ’n eerste  vergadering gehou op 28 April 1993 in die kantore van mnr. Jan Groenewald van Kleinfontein.

Daar is besluit om die radio te bedryf onder die naam: Radio Pretoria omdat die naam Pretoria teruggryp in die geskiedenis van die Afrikaner toe die Volksraad van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek in 1855 besluit het om ’n dorp langs die Magaliesberg  uit te lê en te vernoem na Andries Pretorius, die held van Bloedrivier en sy seun Marthinus Wessel Pretorius, die eerste president van hierdie Republiek, noord van die Vaalrivier. Dit sou ook ’n naam wees wat nie net breedweg die agtergrond vanwaar uit gedink is en koers na die toekoms bepaal, aandui nie maar ook iets sê van Afrikaners se verlange na ’n eie staanplek in Afrika.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende