Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“Druk om van De Ruyter ontslae te raak – sodat Eskom verder geplunder kan word,” sê Solidariteit

2 Oktober 2022

Die vakbond, Solidariteit sê druk word op die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter geplaas om te bedank, nié weens beurtkrag nie, maar omdat hy korrupsie binne die kragvoorsiener onder die loep wil neem. 

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê in ‘n verklaring dat De Ruyter nie net Eskom bestuur nie, maar ‘n anti-misdaad, -sabotasie en -korrupsie operasie.

LEES OOK: ESKOM KRY R30-MILJOEN TERUG VAN BRIAN MOLEFE SE PENSIOEN-UITBETALING

DIT kom nadat ‘n afluister-toestel vroeër vandeesweek in De Ruyter se motor gevind is. Alles dui daarop dat voormalige senior werknemers ook betrokke is.

Hermann meen De Ruyter staan op die suurstofpype van die misdaadsindikaat. Hy sê dit is juis hierdie sogenaamde misdadigers wat druk plaas op De Ruyter om te bedank, daarom heers daar sabotasie om kragopwekking te ontwrig.

“Die doel van sabotasie is tweeledig. Eerstens die destabilisering van Eskom om druk te plaas om van De Ruyter ontslae te raak. Tweedens word komponente gesaboteur sodat ‘verskaffers’, onder die dekmantel van swart bemagtiging, dit teen reuse premies kan vervang,” sê Hermann.

LEES OOK: SOLIDARITEIT PUBLISEER TENDERDOKUMENT WAT WYS OP BEWEERDE VAARDIGHEIDSTEKORT IN ESKOM

Hy sê die druk om van De Ruyter ontslae te raak is nie om Eskom reg te ruk nie, maar om Eskom verder te plunder.

“Die antwoord is nie om van De Ruyter ontslae te raak nie, maar om hom sterk te maak. Wat die regering moet doen om Eskom om te draai is om ‘n spesiale Eskom-ondersoekeenheid in die polisie aan te wys wat net daarop gefokus is om misdaadsindikate in en om Eskom uit te wis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende