6 Augustus 2021
Nicholas Ninow, wat skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n 7-jarige kind in 2018, se aansoek om verlof tot appèl is deur die hoogste hof van appèl in Bloemfontein toegestaan.
Ninow is in Oktober 2019 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat hy die meisie in die badkamer van ‘n Dros-restaurant in Pretoria verkrag het.
Sy aansoek kom doen nadat sy aanvanklike aansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria in Maart verlede jaar van die hand gewys is.
Volgens News24 gaan Ninow waarskynlik appèl aanteken teen sy skuldigbevinding – wat aangedui het dat dié daad vooraf beplan is – asook die vonnis.
Sy regsverteenwoordiger, Herman Alberts sê hul gaan nié appél aanteken teen die totale uitspraak nie, maar wel die gedeelte wat aanvoer dat Ninow die verkragting vooraf beplan het.
Ninow het destyds skuldig gepleit op die aanklagte teen hom, maar het aangevoer dat hy in die badkamer besig was om dwelms te gebruik toe die kind in die badkamer ingekom het. Mosopa het egter die weergawe van die hand gewys en meen Ninow het die kind na die badkamer gevolg.
Hy het hom ook tot 5 jaar elk gevonnis vir regsverydeling asook die besit van onwettige middels.
Hou Afrikaans op die lug