23 Januarie 2025
Die VF Plus in die Ekurhuleni-metro eis dringende ingryping by die Elginbrug in Kemptonpark om ‘n moontlike ramp te voorkom.
Die VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, Jean Kriek sê sedert die begin van Januarie het agt vragmotors reeds onder die lae brug vasgesit. Volgens hom het die metro reeds verskeie beloftes gemaak om ‘n oplossing te vind, maar is daar steeds niks gedoen nie.
Volgens Kriek kan daar nie toegelaat word dat dieselfde tragedie by die Elginbrug afspeel soos wat gebeur het in Boksburg op 24 Desember 2022 toe ‘n brandstoftenkwa onder ‘n spoorwegbrug vasgesit en ontplof het nie.
Hy sê die VF Plus het intussen die Ekurhuleni-metro versoek om die nodige padtekens aan te bring om voertuie wat nie geskik is om die roete te gebruik nie, te waarsku.