Drie verdagtes ontsnap uit aanhoudingselle in Kriel


Luister nou

Volgende

Drie verdagtes ontsnap uit aanhoudingselle in Kriel

8 April 2021

Die polisie in Mpumalanga het ʼn grootskaalse soektog van stapel laat loop nadat drie verdagtes gister uit die aanhoudingselle op Kriel ontsnap het.

Die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli sê die 18-jarige Siyabonga Mlotshwa, 24-jarige Thabo Motaung en 35-jarige Njabulo Khoza is aanvanklik in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, waaronder roof, verkragting, die besit van dwelms, huisbraak en diefstal, sowel as die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Mdhluli sê polisielede wat aan diens was, het aangedui dat hulle vreemde geluide vanuit die aanhoudingselle – waar dié verdagtes toegesluit was – gehoor het en ondersoek ingestel.

ʼn Ondersoek is intussen begin om te bepaal hoe die verdagtes ontsnap het. Ontsnap uit aanhouding is intussen ook by dié drie se klagstaat gevoeg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Drie verdagtes ontsnap uit aanhoudingselle in Kriel


Luister nou

Volgende