10 Mei 2024
Die Grondwethof het die aansoek van drie partye van die hand gewys wat dié hof gevra het om die OVK te beveel om die verkiesing uit te stel.
Dié partye – die Arbeidersparty van die mynvakbond Amcu, ACT van Ace Magashule en die Afrikan Alliance of Social Democrats – het aangevoer dat die OVK se stelsel foutief was toe hulle hul kandidatelyste ingedien het.
LEES OOK: OVK: DIT SAL R500-MILJOEN KOS OM VERKIESING UIT TE STEL
In ‘n kort uitspraak deur regter Steven Majiedt meld hy dat die hof later volledige redes vir dié besluit sal verskaf.
Dié uitspraak beteken dat Amcu en die AASD nie op die stembrief sal verskyn nie en dat die ACT nie op alle stembriewe sal verskyn nie.