19 April 2021
Die liggame van drie mense is Saterdagoggend in ‘n dubbelverdiepinghuis in Menlopark in die ooste van Pretoria gevind.
Een van die slagoffers was glo die besturende direkteur van ’n eiendomsagentskap. Die ander twee slagoffers was eiendomsagente.
Die polisiewoordvoerder, kolonel Nxolo Kweza sê nog ‘n vrou wat ook in die huis was, veg tans om haar lewe in ‘n Pretoriase hospitaal. Sy sê die Brooklyn-polisie in Pretoria sal lykskouings laat doen om te bepaal waaraan die drie mense dood is.
Die privaat ondersoeker, Mike Bolhuis is deur een van die slagoffers by die saak betrek.
Bolhuis het aan Pretoria FM gesê dat hy die afgelope naweek ‘n oproep gekry het van ‘n persoon vir wie hy al sake hanteer het. Bolhuis sê hy het onmiddellik ‘n span na die huis gestuur.
Volgens hom was daar dwelms in die huis. Bolhuis sê sy span werk nou saam met die polisie om die saak op te los.