8 September 2022
Die polisie in Durban het bevestig dat drie mense beseer is in ‘n skietery wat gistermiddag by die landroshof in Durban.
Die skietery het uitgebreek na ‘n verhoorafwagtende in ‘n onderonsie betrokke geraak het met ander persone in die hof. Een van die beseerdes is ‘n werknemer by die hof.
Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Die verdagtes wat die geweerskote afgevuur het, het na afloop van die skietery in ‘n voertuig wat buite die ingang van die hof gewag het, gevlug.
Volgens berigte het die verdagtes losgebrand op verdagtes, wat deel is van ‘n bende in Wentworth.