Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Drie matrieks sterf op pad na vakansie

6 Desember 2021

Drie matriekleerlinge van die Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal in Limpopo is in ‘n motorongeluk op pad na Hartenbos dood. 

JC Greyling, Conrad Meiring en Stiaan Grobler. Foto: Facebook.

Volgens ‘n inskrywing deur die skool, was dié drie, JG Greyling, Stiaan Grobler en Conrad Meiring op pad na die Wes-Kaap om die einde van hulle skool loopbaan te vier toe die ongeluk plaasvind.

Volgens die polisiewoordvoerder, kaptein Malcom Pojie het die ongeluk Saterdagoggend (4 Desember) tussen 01:00 en 02:00 op die N2 in die rigting van George gebeur toe die bestuurder na bewering beheer oor die motor verloor het. Al drie seuns was 18 jaar oud.

‘n Vierde passasier het die ongeluk oorleef, maar is beseer.  

Volgens die skool se inskrywing is hulle geskok deur die nuus. “Dis ń droewige dag met die verlies van hierdie jong manne. Leerders vir wie avontuur deel van hulle lewenswyse was. Met ń glimlag het hulle die lewe aangepak. Elkeen met sy eie toekomsdrome en ideale. Altyd goed gemanierd en op hulle plek, staatmakers op verskeie terreine. Ons harte gaan uit na hulle gesinne.”

‘n Kransleggingsgeleentheid ter ere aan die drie seuns sal môreoggend by die skool gehou word. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Ander Nuus Artikels

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie
LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende