Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Drie mans vlugtig in hof ná hulle glo 2 vroue vermoor en liggame in varkhok gooi

30 Augustus 2024

‘n Groot aantal lede van die gemeenskap het die hofverskyning van drie mans bygewoon nadat die liggame van twee vroue in ‘n varkhok op ‘n plaas naby Mankweng – in Limpopo – gevind is.

Die 2 slagoffers

Die betogers sluit lede van die ANC, die EFF en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in en is gekant daarteen dat die mans op borgtog vrygelaat word.

Die drie mans, ‘n plaaslike boer, Zachariah Olivier (60), en sy twee werkers, Adriaan de Wet (19) en William Musoro (45) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en regsverydeling.

Musoro, ‘n Zimbabwese burger, word ook aangekla van ‘n oortreding van die immigrasiewet.

Die staat voer aan dat Mariah Makgato en Lucia Ndlovu na bewering na die plaas gegaan het om verouderde kos – wat op die plaas gestort word – te gaan haal, waar hulle geskiet en in die varkhok gegooi is.

Die saak is tot 10 September uitgestel, en die drie mans bly in aanhouding.

FOTO: Mankalema C Thema

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende