16 September 2021
Die polisie in die Wes-Kaap is besig om ondersoek in te stel nadat drie liggame vanoggend in ‘n kanaal in Kuilsrivier gevind is.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Novela Potelwa sê die polisie is omstreeks 06:00 vanoggend na die toneel ontbied nadat omstanders twee liggame in die water opgemerk het. Volgens haar is verskeie patroondoppies op die toneel gevind.
Sy sê polisieduikers het die liggame van twee vroue en een man uit die water gehaal nadat hulle na bewering weens bendegeweld doodgeskiet is.
Potelwa sê die polisie het sy 72 uur plan in werking gestel, wat beteken beamptes poog daarin om die verdagtes binne drie dae te vind.

Stem vir die Aitsa’s