15 Maart 2022
Die eerste ministers van Pole, Mateusz Morawiecki, die Tsjeggiese Republiek, Petr Fiale en Slowenië, Janez Janša reis tans Oekraïne om met die land se president, Wolodimir Zelenski in Kief te vergader oor die huidige situasie in die land.
Volgens The Guardian gaan die vergadering voor al het Russiese troepe vanoggend die stad gebombardeer.
Die drie eerste ministers sê hulle het die besoek beplan om hulle ondersteuning aan Zelenski te bied en verteenwoordig die 24 ander leiers in die Europese Unie.
Die Tsjeggiese republiek se Petr Fiala sê dit is belangrik dat die Oekraïnse regering verstaan dat die hele EU agter hulle staan en ondersteun in hulle geveg om onafhanklikheid.
Twee mense is vanoggend in Kief dood toe ‘n 15-verdieping woonstelgebou in die stad gebombardeer is.