16 Augustus 2021
Drie mense is dood en een is kritiek beseer na ‘n skietvoorval gisteraand op die N3-noord naby die N17-afrit in Alberton.
Volgens die ER24 woordvoerder, Russel Meiring is paramedici omstreeks 21:30 gisteraand na die toneel ontbied. Hy sê plaaslike owerhede het toe reeds die snelweg afgesper.
Meiring sê twee mense is in ‘n motor aangetref, wat in die regterbaan teen versperrings gestaan het. Albei is op die toneel dood verklaar.
Een persoon het langs die motor gelê, terwyl ‘n vierde persoon aan die anderkant van die pad gelê het. Die twee beseerdes is na ‘n nabye hospitaal geneem, waar een persoon aan sy beserings beswyk het.
Die voorval word ondersoek.
Hou Afrikaans op die lug