13 Desember 2022
‘n Drawwer van Pretoria moes gered word nadat hy deur vloedwater in die Hennopsrivier meegesleur is.
Volgens ‘n woordvoerder van Emer-G-Med nooddienste, Kyle van Reenen is hulle omstreeks sewe-uur vanoggend na die rivier – wat deur Centurion vloei – ontbied.
Die drawwer is as vermis aangemeld nadat hy nie teruggekeer het van ‘n oggend-oefensessie nie.
Hy is opgespoor waar hy in die rivier in die moeilikheid beland het en is na veiligheid gebring waarna hy na ‘n plaaslike hospitaal afgevoer is vir mediese behandeling.
Dit is nie bekend hoe hy in die rivier beland het nie.