26 Julie 2021
Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse Drankhandelsmerkeienaars, SALBA sê honderde drankwinkels dwarsoor die land sal nie vandag hulle deure kan oopmaak nie weens die gevolg van die agtereenvolgende beperkings op die verkoop van drank, asook die uitwerking van die afgelope onluste.
President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat drankverkope weer onder beperkte omstandighede toegelaat sal word.
LEES OOK: VLAK 3: DRANKBEDRYF VERWELKOM VERLIGTING VAN INPERKINGSREGULASIES
SALBA se voorsitter, Sibani Mngadi sê dit is ongelukkig dat die president nie nadere besonderhede kon gee oor die voorgestelde hulppakkette aan ondernemings wat deur die inperkingsmaatreëls en die opstande geraak is nie.
‘n Geraamde 332 drankwinkels sal ook eers hulle veiligheidsmaatreëls moet opskerp voordat hulle weer sal kan sake doen.
Die vereniging se Kurt Moore sê dit help al dat daar van Maandae tot Donderdae handel gedryf kan word, maar hulle sal graag met die regering in gesprek wou tree oor die besware om oor naweke ook handel te dryf.
Hou Afrikaans op die lug