10 Februarie 2022
Die Amerikaanse deelstaat New York het die jonsgte staat geword om die verpligte dra van maskers binnenshuis op te skort.
Dit bly vir eers verpligtend in skole terwyl dit aan onderskeie dorpe en sake-ondernemings oorgelaat word om self te besluit of hulle die dra van maskers wil verplig al dan nie.
New York se besluit volg op soortgelyke aankondingings deur New Jersey, Illinois, Kalifornië en Oregon. Die staat se goewerneur, Kathy Hochul sê die aantal Covid-19-gevalle het genoegsaam afgeneem, wat beteken dat die dra van maskers nie meer nodig is nie.