Dr. Verwoerd se seun beleef nostalgie tydens spesiale besoek aan die Voortrekkermonument


Luister nou

Volgende

Dr. Verwoerd se seun beleef nostalgie tydens spesiale besoek aan die Voortrekkermonument

9 Maart 2022

Dr. Daniël Verwoerd (88), die derde oudste kind van die eertydse eerste minister, dr. Hendrik French Verwoerd, het vandag die Voortrekkermonument (VTM) saam met sy dogter, Jana Meyer, besoek.

Meyer kuier tans uit Engeland by haar ouers wat in Wapadrand in die ooste van Pretoria bly. Dit is die eerste keer in tien jaar wat Verwoerd jr. die monument besoek.

Verwoerd jr. het vanoggend tydens sy besoek vertel dat hy in 1949 die inwyding van die monument as ‘n 16-jarige seun bygewoon het.

“Ek sal daai dag nooit vergeet nie. Daar was duisende en duisende mense en ek het op die verhoog die sambreel oor genl. Jan Smuts (voormalige eerste minister van die Unie van Suid-Afrika) vasgehou. Ek is baie beÏndruk deur al die nuwe uitstallings hier. Dit is ook wonderlik om al die herinneringe te herleef. Die plek het só baie verander vandat ek laas hier was, én die veranderinge lyk baie mooi,” sê hy.

Meyer vertel sy het baie gehuil vandag – veral weens die uitstallings van haar oupa.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Dr. Verwoerd se seun beleef nostalgie tydens spesiale besoek aan die Voortrekkermonument


Luister nou

Volgende