2 Februarie 2023
Die bekende TV-sielkundige, dr. Phil groet die televisieskerms ná 21 jaar en 21 seisoene op die kassie.
Dr. Phil McGraw het in die 1990’s gereeld as gas op Oprah Winfrey se program verskyn, en het in 2002 sy eie program gekry.
McGraw (72) het aangekondig dat sy televisieloopbaan aan die einde van die huidige seisoen – seisoen 21 – tot ‘n einde sal kom. “Ek is geseën met 25 wonderlike jare op televisie. Met dié program kon ek duisende gaste help.”
Hy het ondermeer gekyk na onderwerpe van verslawing, huweliksprobleme en ander vreemde stories.
Volgens McGraw is hy en die uitsaaisindikasiemaatskappy, CBS Media Ventures tans in gesprek oor planne vir ‘n strategiese spitstyd-vennootskap. Besonderhede hieroor sal later bekend gemaak word.
McGraw meen hy wil ‘n nog groter gehoor bereik weens sy bekommernisse oor die moderne Amerikaanse familie.
Foto: People