Dossier teen Pieter van der Westhuizen gesluit na skietvoorval in kerk


Luister nou

Volgende

Dossier teen Pieter van der Westhuizen gesluit na skietvoorval in kerk

6 April 2021

Die broer van die ontslape Joost van der Westhuizen, Pieter van der Westhuizen gaan nié vervolg word nadat hy twee rowers in Julie verlede jaar tydens ‘n kerkdiens, doodgeskiet het nie.

Van der Westhuizen en sy vrou, Antoinette het op Sondag 26 Julie verlede jaar ’n erediens by die Querencia Bedieninge in Wierdapark, Centurion, bygewoon toe twee gewapende mans die kerk binnestorm.

Die Querencia Bedieninge.

Volgens destydse berigte het een van die verdagtes na die pastoor, Kobus Erasmus gehardloop en sy wapen teen sy kop gehou, terwyl die ander verdagte besig was om gemeentelede se persoonlike besittings te steel.

Van der Westhuizen, wat voorheen in die polisie was het opgetree en die verdagtes geskiet. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Kort na die voorval.

Van der Westhuizen se regsverteenwoordiger, Ulrich Roux het in ‘n verklaring gesê dat die polisie in ‘n geregtelike doodsondersoek bevind het dat Van der Westhuizen uit selfverdediging opgetree het.

Roux sê die polisie het ook bevind dat sy optrede daartoe gelei het dat geen ander gemeentelede beseer is of dood is nie.

Roux het benadruk dat die dossier teen Van der Westhuizen gesluit is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Dossier teen Pieter van der Westhuizen gesluit na skietvoorval in kerk


Luister nou

Volgende