Donovan Moodley se gepoogde ontsnapping kom 10 jaar later aan die lig


Luister nou

Volgende

Donovan Moodley se gepoogde ontsnapping kom 10 jaar later aan die lig

30 November 2023

Donovan Moodley – wat lewenslange gevangenisstraf uitdien vir die 2004-ontvoering en moord op Leigh Matthews – het na bewering in 2012 beplan om uit die tronk te ontsnap en na Indië te vlug.

Besonderhede van die beplande ontsnapping is onthul in hofstukke wat deur Matthews se pa, Rob, ingedien is, in reaksie op Moodley se aansoek teen die paroolraad se besluit in Maart vanjaar, wat verdere profilering aanbeveel het en dat hy nie op parool vrygelaat moet word nie.

Kolonel Mark Henry de Bruin van die polisie het in ‘n beëdigde verklaring gesê hy is die eerste keer bewus gemaak van die komplot toe hy deur ‘n bron binne die Johannesburgse gevangenis gekontak is.

De Bruin sê die medegevangene het hom meegedeel dat Moodley navraag gedoen het oor iemand wat hom kan help om te ontsnap.

Die geregsdienaar het ‘n lokval opgestel, maar dit het glo platgeval nadat die departement van korrektiewe dienste sy samewerking onttrek het.

Uitspraak in dié aansoek is voorbehou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Donovan Moodley se gepoogde ontsnapping kom 10 jaar later aan die lig


Luister nou

Volgende